Thursday, January 29

Gespaar vir 'n ete

Uitgespaar dankie het 'n hele nuwe betekenis gekry gister nadat ek en Charmaine gister in 'n liederlike ongeluk betrokke was. Dit was ongelooflik hoe Vader Sy hand oor ons gehou het, en ook engele op ons pad gestuur het om ons te beskerm en by ons te wees, maar daarvan vertel ek volgende keer ...die skok en dankbaarheid voel nog bietjie te groot.


Tanya en Werner Schultz wat die wonderlikste boekies vir kinderbediening skryf (loer bietjie hier) het kom kuier om 'n werkswinkel vir groepleiers en dienste vir Suid-Afrikaanse kinders in die UAE aan te bied. Ek sal op ons kindergroep blog meer hiervan vertel, maar hierdie is spesiaal vir Tiana, Christiaan en Conroy om te sien wat hulle alles op hul eerste dag in Abu Dhabi aangevang het. Met ernstige digte mis moet hulle eers in Fuijerah land en 'n hele klomp uur wat voordat ons hulle eintlik kon kry. Ons moet 'n darem 'n bietjie die dorp wys en hier is die "bewys" foto dat hulle wel in Abu Dhabi is. Die Abu Dhabi skyline op die agtergrond. Die grootste/hoogste vlagpaal in die wereld en die twee se arms kom nie eers halfpad om die paal nie. Kan julle dink hoe groot is die vlag wat daarop waai? Ons gaan eet by die Al Dhafra restaurant om hulle bietjie van die tradisionele disse te wys en dis so 'n mooi aand. Van hierdie bote vaaruit en mens kan op hulle sit/le en tradisionele kos eet. Al wat vir my teen hierdie tel is dat mens eers hier van 10nm kan eet en dit is baie ver te laat vir my. Ons moet in die restaurant se ontvangs wag en hier sit die drie sheikhas so onder die sheikhs se foto's ... uitgespaar! Die twee van hulle lyk reg om al die nuwe disse te probeer. Tania en Charmaine loer na die vis tafel maar oa die haaie wat daar le, laat my besluit dat ek liewer net by die ander kosse sal bly vanaand. Die twee loer na al die disse voordat daar besluit word wat om te probeer. 'n Man in tradisionel drag kom skink vir die twee Arabiese koffie

.

Charmaine vertel van die eerste keer dat sy die koffie geproe het en Tania moet proe want ons wil haar gesig sien. Sy hou 'n goeie "pose" :-). Tania later met 'n paar verskillende drankies voor haar. Party wil sy van weghardloop soos die koffie en daai klein glase met die "tamarind" drankie wat soos parfuum proe. Dit is van 'n boomvrug en word ook die Indiese dadel genoem. Die groen een is 'n "lemon & mint" drankie wat baie tradisioneel is en die oranje een vars mango sap. Die land dood oor vars sappe en dis baie lekker. Na al die eet is dit tyd vir nagereg en hier skep Tania van die "Um Ali". Die Um gedeelte beteken "ma" en die dis is vernoem na die ma van Ali wat dit gemaak het. Dit smaak baie soos broodpoeding en word oa van croissante, melk, kaneel, rosyne, pistachos, almond, rooswater en suiker gemaak. Terloops as ek 'n lekker dis kon "uitdink" sou dit bekend staan as Um James :-). Bo-op al die soetgoed kom bak hulle klein deegkoekies wat amper soos 'n kruis tussen vetkoek en koeksisters smaak en dan gooi jy sulke dadelstroop bo-oor. Dis blykbaar lekker maar ek is mos nie 'n dadel eter nie. Na ons magies lekker vol is neem die eienaar vir die twee as 'n spesiale guns na die VIP eetgedeelte en daar kan klomp foto's geneem word. Dis baie goud. Ons groet en ons hande word gewas met rooswater voordat ons die restaurant verlaat. Vandag werk hulle met die kinders van Dubai, Sharjah en Abu Dhabi so ons gaan baie rondry en besig wees.

Wednesday, January 28

Projek - ons bou 'n universiteit

Dis beste manier om 'n "ideale" land te he, nadat mens geleer het uit die foute van die vorige en huidige partye is om 'n hele nuwe een te begin, is my middelste se oplossing vir die wereld se probleme. 'n Land waar alles van die begin af reg gedoen en bedryf word. Plek vir 'n nuwe land wat jy nou waar kry en hoe begin....op die maan? Nie heeltemal haalbaar nie, maar lekker om te hoor hoe vandag se jongmense dinkDis nou nie heeltemal my blog onderwerp nie, maar dit het my daaraan laat dink. Nelmari my jongste hou daarvan om "besig" te wees en dinge te doen. Sy is nie die netjieste van die drie nie, en haar projekte le altyd orals rond maar as sy haar kop op 'n ding gesit het, of dit nou skoolwerk, sport, koekbak, borduur, verf en wat ookal is, doen sy dit. Ons loop in die winkels hierdie boek raak en toe sy vra koop ek (mens se mos nie nee vir boeke nie) en die projek "bou 'n universiteitsdorp" begin. Toe sy bladsye uit die boek begin skeur is ek omgekrap want leer mens hulle nie van kleins af om mooi na boeke te kyk nie? Maar hierdie prentjies, bladsy op 'n slag moet uitgeknip word en dis moeilik met klein detail. Dan volg daar 'n bladsy of twee van aanwysings hoe word dit weer aanmekaar gesit. Dit lyk moeilik vir my en ek sien hulle se mens het baie geduld nodig om dit te bou. En mens moet kan rustig en stil word vir daai oomblik wanneer jy daarmee werk al is jy ook besig. Aan die einde moet die universiteits gebou so lyk. In die besig wees het sy sover twee geboue klaargemaak. Dit lyk nie vir my te maklik nie, kyk die klein detail wat ook gebou moet word. En hier is die twee huise!! Wat gaan ons daarmee maak as ons klaar is en waar kry ons plek daarvoor ... wel dis seker soos om kleuters in die huis te he en eenvoudig net plek te moet maak vir al die projekte wat hulle met lee houers en bokse bou en huistoe bring. Ek sal julle wys as die universiteit heeltemal klaar is.

Monday, January 26

Kan jy dit glo?

'n Paar van julle was "verbaas" oor die reen in die woestyn wat ons verlede week gehad het en glo my Vrydagaand was daar selfs donderweerf!!! Maar Saterdag is selfs dit oortref met ...... SNEEU! Jip glo dit maar, maar hier in die woestyn waar ons behoorlik dood van die hitte in die somer was dit ysig koud en die berge van Ras Al Khaimah was toe onder die sneeu. Dit was die tweede keer in die geskiedenis van die land dat daar sneeu geval het en temperatuur tot so laag as 1C gedaal het. Volgens die koerant was die sneeu oor 'n 5 km area en 'n hele 10cm diep. Interessant is dat sneeu so skaars is in hierdie land dat daar in hulle woordeskat nie 'n woord is wat "sneeuval" beskryf nie. Die eerste sneeuval was gedurende Desember 2004. En net om te wys dat hierdie land nie "normaal" is nie, sal die temperatuur die volgende paar dae net so in 'n koue omgewing van 23/24 C grade bly.

(Die foto's kom van een van die plaaslike koerante Xpress)

Saturday, January 24

Fun saam met die vroue

Ons fun-uitstappie le nog voor maar intussen het die vroue die jaar saam begin met 'n uiteet en soos gewoonlik het die klomp vir pret in hoofletters gesorg. Die selgroep-vroue is 'n besonderse groep, elkeen met hulle eie streek ... Ek is natuurlik die een wat hulle moet beheer en keer dat hulle heeltemal uitrafel.Ek weet mens moenie ander probeer "terug kry" nie, maar die versoeking is groot om van die foto's en video te wys. Ek weet hulle sal my vergewe, hoe dan nie?! :-) Hierdie twee, Vanessa en Heleen is groot vriendinne en kuier graag saam en is saam stout. (bewyse volg). Heleen het voor sy gekom het vir ons ete, saam met haar man geeet en toe net 'n slaaitjie bestel - waarmee sy nogals beindruk was. Corine is 'n besige "juffrou" en ons is so bly dat sy wel saam met ons kom kuier het. Hier is sy en Charmaine. Hulle het nie kos gedeel niAmelia is die 5de lid van ons groep en wat kan ek se, sy het al klaar haar mes in vir my, kyk net! Die vroue wil na ete nagereg bestel en Amelia blaas vure dood soos haar appeltert en roomys in vlamme opgaan. En dan die ander siamese-tweeling. Hier is die bewyse ... man dis lekker na die blare vir aandete. En spesiaal vir die twee se mans, kyk hoe geniet hulle dit terwyl julle blare by die huis moet eet :-). Die netwerk is stadig en die video laai nie af nie, maar julle moet later weer kom kyk!

Thursday, January 22

Die geld vloei

Eers moet ek noem dat ons ou dorpie heerlike reen gekry en dit opsigself is altyd nuuswaardig. Muriel natuurlik moet ek dit vir jou ook wys. Ons kry koud en dis vreeslik lekker! Maar die verkeer mense want hierdie ouens is niks gewoond aan bestuur in reen nie, is iets ysliks. Drie uur die middag en ek's oppad skooltoe om vir Nelmari te gaan haal en die motors staan bankvas en hulle verwonder aan die reen. Dan die ander ding wat wereldwyd nuus is en daarom gaan ek dit nie weer oorvertel nie, is die oorlog wat aan die gang is net hier bo-kant ons. Dat so 'n klein stukkie land sulke groot stofwolke kan opskop. Ek wonder partykeer wat kleintjies in hierdie land waar ek bly dink van die oorlog? Regtig egtig dink, want hier op skool is daar twee dinge/prente/woorde wat nie in die skoolboeke mag wees nie en dis "vark" en "Israel". Toe ek nog by die skool was, is menige varke in oulike storieboeke klere "aangeteken" en "hoedjies" op geteken sodat hulle nie kan sien dis 'n varkie nie. En kyk jy na die ouer kinders se boeke dan is 'n hele land se naam met swart pen doodgetrek. Vroeer is ons tydskrifte ook so met die swart koki bygekom maar ek sien dit al hoe minder. Maar dat mens 'n hele land van die aardbol kan vee en 'n vark verban ... wel dit word nog gedoen. So hoe maak een land teen 'n land wat nie bestaan nie oorlog? Of gebruik hulle juis die oorlog om dit te regverdig dat die land nie moet bestaan nie? Ek weet nie, maar wat ek wel weet is dat daar 'n ongelooflike fondsinsameling geloots is en ek het belowe om te vertel hoeveel is ingesamel. Dit het begin met 'n inbel en binne 'n uur het hulle Dh12 miljoen (R28 miljoen) ingesamel was. Aan die einde van die 7 uur sessie was daar 'n verbysterde Dhs315 miljoen (R800 miljoen)!! Dan het die sheikhs van Abu Dhabi en Dubai aangebied om 1200 huise te herbou, een van die minister-sheikhs 100 huise, een van die hospitale skenk Dh1.4 miljoen (R3miljoen) se mediese toerusting en 'n ander sheikh gaan by een van die hospitale daar 'n vleuel aanbou, 'n paar parlementeslede oa Dh 15- , Dh5-, Dh3- en Dh10 miljoen geskenk (Kan jy dink wat is hulle salaris?) Maar dis nog nie die einde nie en die insameling hou aan tot iewers in Februarie. Die skenkers kan die bedrag darem van hulle belasting aftrek. Ek leer nou eers dat hulle iets soos 'n Zakat (belasting) moet betaal. Dit "reinig" hulle hart van "greed" en "selfishness" en so kry hulle dan ook groter erkenning van "Allah". Elke moslem is verplig om 2% van sy rykdom jaarliks so te skenk. Dink net as dhs15 miljoen (omtrent R35 miljoen) 2% van jou inkomste is wat verdien jy. En ek sal net kan doen met 'n miljoen ....


Maar wat ookal die "gelowe" betrokke en die redes vir die oorlog ... aan beide kante, dit is verkeerd om mense dood te maak en niks en niemand kan dit regverdig nie.

Tuesday, January 20

Die kinders word groot ... en kom en gaan

Ek ontvang 'n epos van Ronelle waarin sy se "My kinders is terug, ... die huis is stil en leeg" 'n dag nadat ek vir William moes totsiens se vir nog 'n jaar in Bloemfontein. Troos mysef dat James darem een van die dae kom kuier maar weet ook dat noudat hy klaar geswot is, begin hy sy eie lewe waar kuiers "huistoe" nie so gereeld sal wees nie. Ek lees lekker aan baie jong mamma's se blogs waar hulle vertel hoe die kinders groot word en ontwikkel en elke keer vat dit mens terug na toe die kinders nog klein was. Dan dink ek aan die kort vakansietjie wat ons oor Desember gehad het en hoe lekker dit vir my was om saam met die kinders te kuier en weer 'n nuwe maar tog ou kant van hulle te leer ken. Alhoewel hulle nie mal is dat die mamaratzi van alles foto's neem nie, en dat in hulle woorde "mense wat ons nie eers ken nie, alles van ons weet", verdra hulle dit tog - nie altyd op dieselfde manier nie. Partykeer is hulle sommer net verspot en klein Kosies...en ander kere dink ek maak hulle planne hoe om van my kamera ontslae te raak.Maar al probeer hulle groot wees, raak hulle nog steeds opgewonde oor geskenke, veral as dit 'n nuwe foon is waarmee hulle met die meisie kan praat. Ons het lang tye van die een kuierplek na die ander op die pad spandeer en alhoewel liedjies soos "In the jungle" van Lion King nie meer op die motor-toptreffers is nie, het hulle my wat lank uit die land is, bekendgestel aan nuwe Afrikaanse musiek. Daar is saamgesing en moeg geraak vir die liedjies. Nuwe danse is bespreek en selfs in 'n klein motorspasie gedemonstreer. Af en toe is daar na mekaar gehap op die agterste sitplek en dan James se kommentaar "ek dink die suikerinhoud is nou verbrand" wat dit kon beteken asseblief stop vir iets om te eet. Ons het saam met familie gekuier wat van hulle weet maar hulle nie ken nie - en dit was lekker vir my dat die kinders ook "stories" en "staaltjies" direk uit die storiemakers se mond kon hoor. Ons het politiek gesels .... oor die nuwe partye en wat nou eindelik die ideale party sal wees vir ons land en sal help om van die krisesse te verbeter. Lekker vir die ma hart dat alhoewel hulle 'n klomp jare in die buiteland skool gegaan het en miskien daar sal moet werk ook, ons mooie land Suid-Afrika steeds hulle plek ook is. My kamer, badkamer en spieels was nie my eie nie want daar was raad gevra en klere bespreek. Die kinders word groot want "ou" klere (wat al gedra is), kan gedra word en ons hoef nie in die winkels rondtehardloop op soek na nuwes vir 'n troue nie. (Dis nou Nelmari uitgesluit) Alhoewel ek gekla het oor die vol kamer en besprekings vir my badkamer, was dit lekker om hulle so rond te he. En dan is hulle weer op hulle pos vir 'n foto vir mamaratzi sonder om te kla met 'n verspotte pose sonder dat ek vra. Dankie julle drie vir 'n heerlike kuier en dankie dat julle net soos ek opgewonde raak oor al die mooi plekke in ons landWilliam het natuurlik saam teruggevlieg en bietjie hier gekuier wat heerlik was. Met ons klein besoekertjies was hy 'n ster en het baie geduldig vir my rondgery en vir hulle daar gewees en ALLES saamgedoen. Swem, bowling, speletjies, bou, waterpark, ski en selfs golf. En al die pastas wat hy vir die twee gemaak het wat nie vleis eet nie.




Hulle was baie bekommerd oor William se "swaai" en het gedurig probeer raadgee maar hy het besluit dat hy maar soos Gilmour sal golfspeel. Die laaste aand voordat hy terugvlieg wou hy ook by die vleis-restaurant (wat hy op 'n vorige bloginskrywing gesien het) gaan eet en het hy die verskillende vleise maklik kafgedraf. Dit was lekker om jou by die huis te he seun en sterkte vir die nuwe studiejaar! Sien jou een van die dae James!

Saturday, January 17

Waar is die rus?

Ek lees so in die bloggemeenskap en hoor van vriende dat hierdie jaar 2009 met 'n slag weggespring het en mense net nie meer tyd het vir alles en almal nie. Mens het al amper vergeet jy het vakansie gehou en benodig weer een. Die onderwerp pas so mooi in by ons vroue scrapstudie wat nou weer begin het .... Rus! Vrae soos "Watter soort rus gee God vir ons?, Wat doen jy as jy desperaat voel? Waarom het God 'n dag van rus geneem? Wat is die konneksie tussen vertroue en vrede? Slaap jy rustig en sonder vrees? ens. ens.
Die moeilike taak was om in die besige Desember/ Januarie tyd te gemaak het om ons scrapblad te maak en 50% het :-). Ek's seker die ander gaan nou vinnig volg. Kyk net bietjie na die oulike bladsye wat elkeen se "Rus" voorstel.



Voel jy vandag moeg en uitgeput en het ernstig rus nodig?

"28. Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en Sy insig is ondeurgrondelik. 29. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie. 30. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31. maar die wast op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."


Julle ouens wat nog met bladsye stuur, ons sien uit daarna om hulle te ontvang en die wat wil saam scrap en studie, julle bladsye is ook welkom.

Rus nou lekker die week want volgende week is ons onderwerp "Fun" en die damesgroep gaan Global Village toe daarvoor ..... !!!! Hou hierdie spasie dop.