Wednesday, January 31

Naskrif vir Sokker sege

Net sommer om te wys dat dinge hier nie "normaal" gedoen word soos ons by die huis gewoond is nie. Die volgende koerant beriggies oor die sege:

Abu Dhabi: President His Highness Shaikh Khalifa Bin Zayed Al Nahyan has instructed that Dh500,000 be given to each player of the UAE football team for winning the 18th Gulf Cup championship on Tuesday.

The reward does not include special bonuses announced earlier following a streak of wins the UAE registered against Kuwait and Saudi Arabia.

en nog ene

The Emirates Post has promised the UAE national football team a mammoth Dh2 million as bonus if they win the 18th Gulf Cup championship.
The chairman of the UAE Football Association, Yousuf Al Sarkal, thanked Emirates Post and all other national institutions that have made similar incentive offers to the national team.



en nog een...



His Highness Shaikh Mohammad Bin Rashid Al Maktoum, Vice-President and Prime Minister of the UAE and Ruler of Dubai, awarded each player of the victorious UAE team with a villa.




Die manne loop dus na hierdie toernooi elkeen as 'n miljoener in eie reg weg. Die ou wat die doel aangeteken het, het ook twee kamele van 'n ondersteuner present gekry. Kamele is nogal 'n groot "rykdom" vir hulle en een van die kamele is blykbaar $109 000 werd.

Hulle slaag altyd daarin om ons te verras met iets nuuts. Enigeen wat belangstel om uit te probeer

vir die UAE sokkerspan??



Die strate gepak met ondersteuners tydens die span se bustoer deur die stad.

UAE wen en die dorp vier fees!

En toe wen die UAE die trofee!!!! En die land vier fees!!!!

Deel van die 60 000 skare na UAE se 1-0 oorwinning teen Oman. Kyk bietjie na die bestuurder van hierdie motor. Die jongetjie moet bestuur sodat die ouer ouens kan uithang by die venter en feesvier.

Nog steeds geen ontsag vir hulle motors nie. Die vrouens ondersteun ook die span, maar in hulle abaya's met die sokker hoede bo-oor.

Die mans ondersteuners sit nie op dieselfde plek as die vrouens nie. Die span met die trofee! Die dorp het tot laat gisteraand nog gelawaai van die motors en toeters deur die strate. Vanoggend is daar nog meer motors met vlae op.

Tuesday, January 30

Sokker koors in Abu Dhabi

Ek's nie 'n groot sokker ondersteuner nie, maar die afgelope week het sokker 'n groot invloed op ons omgewing gehad. Die Arabian Gulf Cup trofee het hier plaasgevind met spanne van UAE, Oman, Kuwait, Iraq, Saudi Arabia, Qatar, Yemen en Bahrain. Sondagaand het UAE vir die eerste keer in 'n semi-finaal teen Saudi gespeel en gewen. Die strate was chaos.

Vanaand speel beide UAE en Oman vir die eerste keer in die 18 jaar bestaan van die trofee in die finaal. Met Oman wat ons bure is, het motors af van vroeg af oor die grens gekom en die strate was vol motors wat duidelik hulle gunsteling span aangedui het.


Hulle ry net so vinnig verby dat mens amper nie kan afneem nie. Ek weet die manne sal geskok wees hoe en waarmee die mense hulle dure 4x4's versier.


Hierdie Hammer het die meeste aandag getrek. Dit is gebruik dat indien een van jou spanne (klub, emiraat of land) wen, dan kom almal wat leef en beef op verskillende plekke in die dorp bymekaar met hulle versierde motors, vorm lang rye en jaag deur die dorp met hulle hande op die toeters. Sondagaand kon ons amper nie slaap nie, en tog as die UAE vanaand moet wen ....





Monday, January 29

Die Nuwe Cornish - Deel 1

Gisteraand het ons bietjie langs die Nuwe Cornish gaan stap. Die weer is nou nog lekker - binne 'n maand of twee kan niemand dit buite waag nie.

Die "nuwe" Cornish is die tweede wat ons het vandat ons in Abu Dhabi bly. Om die waarheid te sê, toe ons 9 jaar terug na Abu Dhabi kom kyk het, was die ou oorspronklike Cornish nog daar en nou is ons by nr. 3. Met elke nuwe een het daar meer motorlane bygekom en is dit dieper in die see ingebou as die vorige een. (Die eerste Cornish wat ons gesien het, was 2 lane na weerskante, die tweede een 4 lane na weerskante en nou is daar twee-4lane na weerskante.

Hierdie paaie is BAIE besig en is daar oral duikwee onder die strate gebou. Die Cornish is 'n hele paar kilometer lank, en ons het so erens in die middel begin en net so 90 minute gestap - met 'n hele ent oor wat nog glad nie geloop is nie.



Die ingang van die duikweg waar ons begin het met sy fonteine. ELKE duikweg (en daar ís 'n hele paar), lyk so.

Binne in die duikwee is daar die mooiste mosaik teelwerk wat tonele van die "ou" Abu Dhabi uitbeeld. Op hierdie foto is dit die ou bote (dhows).


Een van die passasier dhows vaar verby met 'n groot modern passasierskip op die agtergrond. Hier is ook een van die geboue langs die Cornish.

Daar is lieflike sypaadjies om op te stap. Behalwe van die geboue op die agtergrond kyk na die Arabieses vrou met haar abaya (swart rok) en die tekkies onderaan! Ver op die agtergrond die hawe met twee passasierskepe.

Hierdie teetuin het 'n interessante storie. Ons het 'n paar jaar terug lank gewag vir dit om oop te maak en die tuin was direk langs die Cornish. Jy kon by die reeling staan LANGS die see. Vandag is daar 8 motorlane, 'n fietslaan, sypaadjies en tuine tussen die teetuin en see.


Son besig om te sak en die mooiste kleure oor die see.

Die "rusplekke" langs die Cornish! Orals is daar ook sulke klein fonteintjies op die sypaadjie wat 'n heerlike rustige gevoel skep. Ek dink die water gaan wonderlike lafenis vir "koelte" wees in die somer. Dis Nelmari op die foto's.
Die duikweg terug na die motor en die fontein in die aand! Op 'n ander geleentheid wys ek julle die res van die Cornish.
Hierdie foto het niks met die Cornish te doen nie en is eintlik spesiaal vir jou James. William se eerste "aand" agter die stuurwiel in die besige stad (dis nou waarvan ons weet) EN sê hy, sy eerste tonnel!

Sunday, January 28

Basketbal Seisoen begin!

Alhoewel dit skoolvakansie is, het die basketbal oefeninge vandag begin. Nelmari se span toer volgende maand Cairo toe (20 - 25 Februarie) om saam met skole van o.a. Egipte, Qatar, Kuwait, Dubai en Abu Dhabi deel te neem aan die ISAC toernooi. So die volgende paar weke sal daar ernstig geoefen moet word. Sal julle ouens beslis op hoogte hou. Ek sal dit nie bywoon nie, maar daar is sprake dat Eddie gedurende daardie tydperk in Egipte sal wees.


Hier oefen Nelmari haar doele.

Vanaand wil ons langs die nuwe Cornish gaan stap - vertel julle more daarvan.



Saturday, January 27

Besoek Al Raha Hotel & Beach Resort

Dis Saterdag en nog steeds naweek. Vanaf September 2006 het ons naweke verander vanaf Donderdag/Vrydag na Vrydag/Saterdag toe. Eddie se werk het hulle nuwe sosiale klub hernuwings uitgestuur en ons wou na een van die nuwe hotelle op die lys gaan kyk om te sien of dit die moeite werd is om die lidmaatskap te hernu.

Die Al Raha Hotel & Beach Resort is omtrent 12 km van waar ons bly in 'n nuwe uitbreiding aan die buitekant van die dorp.

Hier is die hotel ingang en die strand gedeelte. Na 'n buitegewone koue winter, lyk dit asof die son nou terug is vir die winter. Ek's seker nie lank van nou af nie, sal ons terug verlang na die bietjie koue.

Die kinder- en volwasse swembad. Nie baie mense in die swembad nie, dit was in die omgewing van 12:00, ek vermoed almal nog in die winkels. Hier begin die mense mos eers laatmiddag lewe.

Die agterkant van die hotel en die binnehuise swembad. Daar is ook 'n groot swembad by die hotel villas maar slegs vir die mense wat daar bly.

Hier is die gym fasiliteite vir die "familielede" wat nou ernstig wil begin oefen. As ek daardie masjiene so kyk, sien ek net hoe sit mens vas as jy nie weet hoe dit werk nie. (Geen kamera sal dit afneem nie)

Die winkelsentrum net langs die Hotel. Hierdie "mall" is nou al maande klaar gebou, maar dis nog steeds nie oop nie. Die winkels wat uitverhuur is, word nog rustig ingerig en toegerig ens. Ek kan net nie dink dat so iets by die huis sal gebeur nie. Hierdie mense ... dis waar die gesegte ..... DOOD rustig vandaan kom dink ek - niks jaag hulle aan nie. (Hulle jaag net wanneer hulle op die paaie jaag)

Friday, January 26

William ook op vakansie

Ja, Nelmari is die een wat besig gehou moet word terwyl William hom self besig hou. Behalwe die meisie, x-box en kitaar speel is skaatsplank BAIE hoog op sy prioriteitslys. Hier is hy besig om buite die huis te oefen. Ons is gelukkig in 'n "doodloop" so daar is nie gevaar van verkeer nie.




Ek kyk liewers nie want hulle sê sodra die ma kyk om te keer dat die kinders seerkry, gaan die engeltjies van diens af en dan kry hulle seer. So ek los maar die engeltjies aan diens. Weet nie presies wat sy basketball-afrigter van hierdie toertjies en die moontlikheid van 'n besering voor die seisoen gaan sê nie. (As julle op die foto's kliek behoort hulle lekker groter oop te maak.)

Hy en Selena het ook vanaand pizza gemaak vir aandete en saam met Nelmari se lopende kommentaar was dit taamlik lawaaierig in die kombuis.


Dit kon nie te sleg gesmaak het nie, alles was opgeeet.

Thursday, January 25

Skoolvakansies!!!!

Seker julle almal onthou die tyd van "skoolvakansies" en hoe om die kinders "besig" te hou. Wel dis nou 'n kort Winterbreuk in Abu Dhabi en die kinders het na 'n twee weke eksamen 'n twee weke breuk. In die UAE is die skoolvakansie eintlik gedurende Jun/Jul/Aug waar die somervakansie 'n hele drie maande duur, so ek moenie kla oor hierdie korte nie.

Nelmari het 'n ou "girly" boek van haar opgediep "Crafty girl - Beauty things to make and do" met allerhande resepte en het my heeldag gekarring om die bestanddele te gaan koop. Toe ek hoor van die piesang op die gesig en aarbeie op die voete en peppermint geur op die hande, het ek al duidelik gesien hoe ek vir myself weghardloop. Groot verligting - sy besluit dat dit 'n "girly" dag moet wees en dat ek en Charmaine moet maskers kry. Ten minste is ek nie alleen hierin nie. Die masker is ernstig aangemaak en toe die groot aansit.



Ek sal nie regtig hierdie resep van piesangs en heuning aanbeveel nie want die donker stukke het orals in die slote in ons gesig gegly en nie stilgelê nie, en natuurlik was Nelmari nie baie in haar skik met ons nie, want met die groot gelag het daar meer plooie gevorm waarin die masker verdwyn het. Was groot pret en al was ons so taai van die heuning dat ons kenne aan ons bors vasgesit het, het ons gesig tog sag gevoel na "die" behandeling. Dankie sussie!

Tuesday, January 23

Corli kom kuier uit New Zealand

Die tweede Januarie het Corli Nortje van New Zealand kom kuier. Dit was vir ons almal baie lekker om haar hier te hê en op 'n manier was dit 'n klein reunie van 3 mede-laerskool studente.
Corli en Elriza was skoolmaats en James was saam met hulle in die Voortrekkers op laerskool en ook James se eerste "kys". Corli en haar ma Annie, pa Gerhard en broer Johann het dieselfde jaar as ons buiteland toe getrek en was dit 'n weersiens na 9 jaar!



Wat vir my besonders was, is dat die drie die vriendskappe net so weer opgetel het en nog steeds goeie maats is. Hier is die drie afgeneem by 'n kleurvolle kameel by die kultuursentrum, die twee meisies aangetrek as "Sheikha's" by die "Womens Culture club" en James en Corli in Dubai. Corli het op die 12 de weer teruggevlieg NZ toe en James die 14 de terug SA toe.

Nou sien ons uit na Annie en Corli se kuier die einde Des/Jan en James s'n hopelik gou weer in die nuwe jaar.