Thursday, July 24

Ons loop waar Jesus geloop het


Ons is nog besig om die vorige dag se sien, ervaar en beleef te verwerk, toe is dit alweer tyd.  Met die mortiere wat die vorige nag hewig lawaai gemaak het, wonder ons of almal land uit is en iemand vergeet het om ons daarvan te se, maar ons sien vinnig dat die ou stad nog propvol toeriste is.  
Page1

Ons begin by die Mount of Olives waar Jesus opgevaar het (Hand 1:8-12) en waarna Hy sal terugkeer (Zach 14:4).  Ons kyk uit op die ou stad en waar ons die vorige dag geloop het. Ons toerleidster beduie ywerig van die olyfbome.  Oppad af sien ons ook die joodse begrafplaas wat al 3000 jaar gebruik word en waar daar plek was vir 150000 grafte.   Baie grafte deur die jare is beskadig en ook met die bou van die hotel en paaie meer onlangs.  Dis 'n belangrike plek vir die jode want hulle glo dat wanneer die opstanding kom, die wat hier begrawe is, eerste sal opstaan.  
Page2

Daar is heelwat kerke oppad af.  Omdat die berg 'n assosiasie met Jesus en Maria het, is dit 'n groot besienswaardigheid vir Ortodokse, Katolieke en Protestante.  
Page3

Die tuin van Getsema is ons volgende stop. 'n Plek wat Jesus en sy disippels besoek het en ook waar Judas Hom die aand van sy arrestasie gekry het.  'n Studie het bevind dat 'n paar van die olyfbome in die tuin van die oudstes ter wereld is - hulle praat van duisend jaar en meer.  DNA toetse het ook gewys dat al die bome van huidiglik in die tuin is almal van die selfde saad afkom.  Dit was vir my nogals amazing om hier die tuin te besoek en bietjie stil te wees daar.  
Page4

'n Katolieke kerk wat gebou is naby waar Jesus gebid het, die Church of All Nations kerk is ook 'n besonderse kerk om te gaan kyk.  

Page5

Vandaar is ons verder af met die koppie, terug by die ou Stad waar ons op die Via Dolorasa roete geloop het.  Alhoewel ons weet dis nie die regte pad wat Jesus geloop het terwyl Hy Sy kruis gedra het na die plek waar Hy gekruisig is nie, was dit 'n besonderse pad om te stap.  Die roete het al 'n paar keer verander deur die jare en vandag is daar 9 stasies van die kruis, met 5 wat in die Church of the Holy Sepulchre is. 
Page6

Dis nou gangetjies en kerke orals en 'n mens kan bietjie afdwaal.  Watter pad om te vat want elkeen wys 'n ander rigting ....
Page7

Die bad van Bethesda is nog 'n stopplek.  In Johannes word daar oor die "bad" geskryf en behalwe vir daar was daar geen bewyse dat so 'n plek bestaan het nie en het mense getwyfel of die boek wel deur Johannes geskryf is en nie deur iemand anders later nie. 

Page8

In die 19de eeu is oorblyfsels van die bad wat Johannes se beskrywing pas wel opgegrawe.  Daar is ook 'n klein kerkie naby gebou.  Die tuin was een van die rustige plekkies waar mens net wou sit en rus in die hitte. 
DSC_0267

Hoe moet ons nou weet waarnatoe volgende as die gids nie weet nie?   
Page9
Ai en daar het sy die plek wat sy soek en hier gaan ons weer, hierdie keer oppad na die church of the Holy Sepulchre.  
Page10
Hier was ek en seker die ander twee heeltemal verstom oor hoe besoekers inkom en voor van hierdie plekke buig, bid, glo 'n klip gaan hulle genees as hulle daaraan vat en dan aan die "siekplek", ens. ens. Alhoewel dit plekke en goed is wat dui op Jesus se kruisiging, die graf, die steen voor die graf, ens. word dit ook genoem dat dit nie die regte plekke is nie ... maar steeds "aanbid" mense dit.  Ek het hartseer daar uitgestap en dit het gevoel asof dit vir party soos afgodery is.  Ons hoef mos nie vir 'n klip te bid nie... ons het mos 'n Pa wat luister. 
Page11

Maar dit vat nie die feit weg dat hierdie kerke ongelooflike rykdom aan oa oorspronklike skilderye het nie. Party is so oud dat mens dit nie kon afneem nie, so donker was die skildery.  
DSC_0332
Na 'n lang dag, groet ons die ou Stad om aan die einde van die toer weer te besoek (wat nie gebeur het nie weens die oorlog).  Ons gids is nog fiks en sy ken die straatjies en die ou tannie kom agterna.  Ten minste kan ek foto's neem :-).  

Ons is ook dankbaar om more in die rigting van Tiberius te gaan waar dit rustiger tov die konflikte in die land is.  






2 comments:

Karen Nieuwoudt said...

Dis vir my hartseer om te sien hoe kommersieel en agteruit die land gegaan het. Ek het altyd die gevoel gekry dat Jesus nie daarvan sou hou dat hulle Golgota en sy graf so toegebou het en in n markplein verander het nie. Ek dink Hy sou nogals die tafel wou omgooi en almal uitjaag.

Sandra said...

Ek stem Karen, ek's seker hy sou wou tafels omgooi. Alles vir die mense draai om geld. Ons het nogal gese mens kan nie dink iemand is "gasvry" nie, want dit kom teen 'n prys.