Sunday, December 29

Nelmari gaan dieretuin toe


Die probleem van so lank in die deel van die wereld bly, is dat iets "allerdaags" hier nie noodwendig vir ander is nie.  Selfs met Nelmari wat nou ampertjies 3 jaar weg is weens studies ... uitgevind "Ma ek was nog nooit by die kinder-dieretuin nie".
Page4
Maak nie saak hoe groot of klein mens is nie, en nou praat ek van ouderdom nie lengte nie, om in 'n dieretuin te wees is om weer klein te wees.
Page5

Een van die beste interaksie dieretuine wat ek al in was en weereens 'n heerlike dag! Nou om uit te vind of William al hier was ...

Saturday, December 28

Kersete en kuier

Soos in Suid-Afrika raak dit stil gedurende Desember wanneer almal iewers oppad is om vakansie te hou, maar saam met Abu Dhabi vriende, ou vriende en die kinders, het ons 'n heerlike Kersmaaltyd gehad.
Page6
Daar word ernstig klappers getrek :-)  

Page8

Die twee jonges speel lekker saam en alhoewel dit heerlik koel is, sien klein Jordan heeltemal kans om in die water te speel.  Ek's seker Lara is baie lus om ook in die water te wees, maar dit kom nog.

Page9

En wat sal 'n Kersfees sonder 'n heerlike Kersete wees... en soos gewoonlik was almal moeg geeet na die tyd.  Nog 'n Kersfees in die woestyn kom op 'n einde.


Friday, December 27

'n Anderste Ou Kersaand


Eers was dit familie bymekaar vir Ou Kersaand, later ons en die kinders en die groot geniet was om te sien hoe die kinders hulle geskenke opgewonde oopmaak en nou het dit 'n vol sirkel gekom ~ ons eerste Kersfees saam met 'n kleinkind :-).  
Page1
Alhoewel sy geen idee het waaroor en waarvoor al die goed met papier om voor haar neergesit word nie, het sy gou-gou probeer om dit oop te maak... skeur.   

Page2
Dit wat nie wil oop nie het sy probeer opeet en saam met dit het oupa gevoer en ouma het haar gewys hoe die kamera werk.  
Page3

Dit was heerlik en anders om die klein mensie te sien alles byt, proe, oopmaak en mee speel, en natuurlik lekker om al die kinders bymekaar te he en ook goeie vriende. 

Thursday, December 26

Ou Kersaand in Woestyn

Verlede haar het ons met 'n handjie vol mense, seker so 10/12 in die woestyn gaan Kersliedere sing op Ou Kersaand en vanjaar het ons besluit, ons gaan weer, en hierdie keer was ons 'n paar hande vol.
Page1

Vroeg middag het die wind egter opgekom en ons was bekommerd dat ons heeltemal gaan wegwaai. Verseker het dit 'n paar mense se "saamkom" affekteer, maar met warm baadjies en komberse en glad nie voorbereid op die sterk wind se effek op die sand nie, het almal vroegaand bymekaar gekom vir die Ou Kersaand liedere in die woestyn.   
Page2

Daar was sand orals en Elriza en Leane wat die sang lei, moes maar partykeer die oe toeknyp om te keer dat dit nie vol sand waai nie.  
Page3

Van die piekniek na die tyd het niks gekom nie, die weer was te sleg, maar ons kon lekker sing en luister na die Kersboodskap terwyl ons rondom die kampvuur sit.  

Thursday, December 12

Baie nuwe dinge vir ons pragtige Lara


Mens kan ampertjies nie by hou met hoe vinnig die kleingoed groei nie en elke keer as hulle sien, is daar iets nuuts by wat hulle kan doen en 'n vaardigheid wat bemeester is.
Page1
Ek weet, ek praat van hulle, maar alhoewel klein Lara ons kleindogter is, het klein Carli net so 'n spesiale plekkie in ons hart EN sy is Lara se maatjie.  Hierdie twee gaan nog 'n hond uit 'n bos speel, want hulle kan al lekker uitpak en deurmekaar maak, en ampertjies met die bal speel.  En dan kom tannie Nelmari ook kuier en Lara kry kans om bietjie met haar te bond.  
Page3
Nelmari was maar suinig met die deel :-).  Gelukkig is daar 'n tannie Elriza ook wanneer Nelmari weer teruggaan.  

Page4

Dis ook nie al dag dat klein niggies saam in die buiteland sit nie - Lara en Lea kry kans om saam te speel en Lea wys haar baie oulik 'n paar dinge.  Tannie Nelmari is deel van die speel en na 'n tydjie het altwee klein dogtertjies lekker moeg aan die slaap geraak. 

Wat leer sy volgende?

Thursday, December 5

Stilte naweek in die natuur


Net so voor die besige tye tydens die feesseisoen, was dit kans vir 'n wegbreek vir ons jaarlikse Vroue Retreat.  

Page1

'n Paar van die vroue is nuut in die dorp en besluit om saam met ons in konvooi na die Weste te ry vir die geleentheid.  Ons beplan vooraf om te stop vir middagete en maak nie saak hoe lank mens in die land is nie, mens vergeet nog dat die klein plattelandse dorpies op 'n Vrydagoggend toe.  Gelukkig wag ons nie lang vir oopmaaktyd nie.   
Page2

Daarvandaan seker een van my gunsteling paaie na ons verblyf.  Die rede hoekom ek so mal is daaroor, is die groen van die bome met die woestyn in die agtergrond.  
Page3
Terwyl die vroue inburger in hulle slaapkamers word daar gewoel om die retreatgoed, musiek en "kombuis" reg tee kry.  Elriza het hard gewerk om vir ons 'n studie uit te werk en elke vrou kry 'n geskenkpakkie met haar boek, pen, joernaal, geskenkie en 'n retreat-beker met haar naam op. 
Page4

Dit is 'n silent retreat waar elkeen met God "kuier", praat en luister wat Hy se en dis so lekker dat ons dit buite in die natuur kan doen.  
Page5
Gedurende een van die sessies versier elkeen ook haar journal met 'n spesiale boodskap/prentjie. 
Page6

Die volgende dag word die stiltetyd voortgesit.    

Page8

Aan die einde van 'n baie geseende tyd, waar baie van ons antwoorde gekry het, is dit tyd vir ons laaste sessie en middagete voordat ons die langpad terug vat huistoe.

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!