Sunday, October 27

Elsie die "lee nes"


Iets wat ek defnitief nie met die laaste kuiken (Nelmari) uit die nes ervaar het nie, was die lee-nes sindroom en dit is alles Elsie se skuld.  Sy is loshaande al drie kinders op een slag elke dag en sy maak dit haar misie om my "paraat" te hou meeste van die tyd.  Elke dag is 'n nuwe dag vir haar waar sy ietsie doen en/of leer wat sy nie die vorige dae gedoen en/of geleer het nie.

DSC_0220

Sy loer al lankal na die TV as daar erge beweging aan die gang is, en was 'n vurige rugby kyker saam met Nelmari toe sy laas hier was, maar toe ek my klein dvd-spelertjie per ongeluk aanlos en gaan water haal, was dit vir haar die wonderlikste ding, dat sy so naby op haar ooghoogte na iets kan kyk.  Nou is dit iets wat sy permanent wil doen as die geleentheid hom voordoen.  
DSC_0217

En as ounooi werk, is dit die gesiggie wat my dophou en vra vir aandag. 

DSC_0261

Die roos was beslis nie 'n vredesoffer na stoutwees nie.  Dit is sjokolade en sy is eintlik oppad om dit in haar "stash" hoekie te gaan bere sodat dit later geeet kan word - met papier en al. 

Sunday, October 13

Dhow vaart om die kus

En so kry ons eintlik kans om met 'n tradisionele dhow langs die kus van Oman te vaar...

Page1

'n Paar van die Oasis groep en vriende pak die 3+ uur busrit saam met ons aan Dibba toe.  Dis altyd lekker om saam met mense te ry wat plekke vir die eerste keer sien, en die berge van Fuijerah en Friday Market is 'n lekker nuutjie vir die mense.  Natuurlik moes ons gaan koffie koop met die kort stop by die mark.
Page3

Eintlik na 'n laaaaaaang tyd by paspoortbeheer tussen die UAE / Oman kan ons op die dhows klim en sommer gou-gou is klein Bradley aan die slaap terwyl die dominee en haar vriendin bietjie oefening doen na die lang sit op die bus :-).  
Page4

Dis regte mooi so al langs die Oman kuslyn en dan eintlik is ons by die klein hawe/inham waar ons die dag gaan kuier en aan allerhande wateraktiwiteite deelneem.

Page5

Daar word geswem, gesnorkel, gekayak, en piesangry die heeldag.  Daar word vir ons tradisionele kos vir middagete voorgesit

Page6

'n Paar uur later, met die son wat sak, is dit tyd vir die terugvaar.  Party ouens is behoorlik opgespeel.
DSC_1150
Terug by die hawe in Dibba

DSC_1145
Terwyl die son heeltemal sak, vat ons die lang busrit terug.  Wat 'n lekker dag saam met wonderlike mense!

Sunday, October 6

Lara is ampertjies 6 maande


Klein Lara word nou so groot en elke week is daar ietsie nuuts wat sy by leer en ons van haar leer.  Vroeg in die maand het ek en Charmaine weer kans gehad om vir haar en haar maatjie Carli op te pas terwyl die mamma's 'n girly-oggend het en wat 'n plesier.  Gelukkig is die meisiekind besig om gewoond te raak aan ouma se kamera :-).  

Page1

Carli het buite in 'n opblaas swembadjie gespeel, terwyl Lara net kon toekyk en mens kan sommer aan die gesiggie sien sy kan nie wag om dit ook te doen nie.  
Page3

En toe haar maatjie nog boonop 'n roomys kry om te eet, het hierdie gesiggie boekdele gespreek.  
Page4

Sy is al lekker woelig op die magie en dis ampertjies tyd om te kruip   

Page5

En reeds nou al kan mens sien dat sy 'n regte klein plaatjie gaan wees.  

Page6
Die twee maatjies kan nog nie heeltemal al met mekaar speel nie, maar dit kom - Lara is baie geintreseerd om vir Carli dop te hou.