Wednesday, March 31

Kuier op bestelling

Een van die dae is dit 'n baie spesiale klein dogtertjie se vierde verjaarsdag. Julle wat die blog volg sal al baie van Emily gelees en gesien het.

Page1

Sy en Nelmari moes 'n "vergadering" hou om te besluit watter koek wil sy vir haar verjaarsdag he, want Nelmari gaan dit maak. Die tema gaan defnitief iets met pienk, feetjie of prinses wees. Die keuse tussen 'n kasteel en 'n prinseskoets (ek dink) het in die loop van die dag al om die halfuur verander en nou moet ons maar wag om te sien wat Nelmari uiteindelik gaan maak.

Page2

In November het ek ook vir kleinboetjie Dante aan julle voorgestel, en die vriendelike mannetjie is nou 4 maande oud. Al is hy bietjie siekerig met die aaklige griep wat op die oomblik hier rondhang - en natuurlik help die sandstorms glad nie - was hy vol glimlaggies.

Was lekker gewees om die tweetjies weer te sien - en vir die mamma :-) en sommer een van die dae loop Dante ook soos Emily saam met ons rond.

Mooi bly almal.

Sunday, March 28

Vroee Verjaarsdag

img059

Dis amper alweer sulke tyd en die dogtertjie wat baie jare terug nog so gelyk het, word hierdie week 17 jaar oud!

DSC_0038

Maar met ouboet wat trou, Eddie wat in SA gaan wees en belangrikste haar beste maatjie wat weer uitvlieg, was daar geen rede hoekom die verjaarsdag nie vroeer gehou kon (lees moes) word nie. Minri en Nelmari vol glimlaggies omdat hulle bietjie kan saamkuier.

DSC_0039

Natuurlik is James heeltemal verspot, nie net omdat hy bietjie kos kry nie – dis maar moeilik om so op jou eie te bly, maar gelukkig is dit nog net ‘n paar daggies.

DSC_0001

So tussen-in kan die geskenk darem oopgemaak word want almal wil sien.

DSC_0003

James gee die drumroll …..

DSC_0004

Ag nee …. ‘n toer-rugsak vir haar laptop … en dit terwyl mens reeds ‘n sak daarvoor het ……

DSC_0006

En dan in die binnekant die eintlike geskenk. ‘n Vliegtuigkaartjie Frankryk toe! Jip sy het nie geweet nie, maar Julie toer sy saam Frankryk, Duitsland en Passiespele toe!!

DSC_0035

Die honger-man is selfs bereid om eier te vang terwyl die chef sy toertjies doen.

DSC_0036

Aan die einde n lekker stukkie koek en ‘n boodskap op die plaat. Baie geluk met jou Verjaarsdag sussie! Ek’s seker dat jy hierdie week nog ‘n partytjie of twee gaan beplan. Onthou net daar is nie ‘n geskenk by elkeen nie :-)

Lekker week vir julle almal!

Sunday, March 21

‘n Suksesvolle seisoen

So stadig maar seker is ons besig om 'n gat in die sand te grawe en ek sien dat die miere by ons self met 4x4's beweeg sodat hulle orals kan bykom. Nog bokse om uit te pak en dinge om reg te skuif en op te hang, maar ons begin so stadigaan aan ons nuwe plekkie gewoond raak.

Tussen-in het Nelmari ook nog 'n ISAC basketbal toernooi gehad en gelukkig het die ander lande hierdie keer Abu Dhabi toe gekom en het hulle nie nodig gehad om te reis nie. Die toernooi is dan altyd ook die "toets" oor hoe goed of sleg die span regtig is.

Page1_0

Ons dogters het my regtig verras en elke wedstryd of hulle gespeel het of gerus het, is met groot ywer en vreugde aangepak. Aan die einde van die eerste twee dae was ons dogters onoorwonne en ook eerste gekeur vir die halfeindstryd wat sou kom en wat hulle ook gewen het.

Page2_0

Dan was dit tyd vir die finaal teen 'n span van Egipte en ons meisies was omtrent opgevuur en reg vir die wedstryd - maar so ook Egipte. Dit was so 'n naelskou eindstryde dat die mammaratzi skaars die kamera kon vashou om foto's te neem :-) - te bang ek mis 'n punt.

Page4

Maar ons dogters verwerk die druk goed en wen op die einde met 10 punte! 'n Toe kon die mammaratzi foto's neem en die span wil nie wegloop voor die kamera nie. Hulle was soooo bly!

DSC_0070

Hier sit en wag hulle tydens die prysuitdeling vir hulle trofee.

DSC_0083

Die trotse span en die afsluiting van 'n uitstekende suksesvolle seisoen. Al die werk was nie verniet nie!

DSC_0085

Een ding wat ek van hierdie span moet se, en die ander spanne het daaroor opmerkings gemaak ook - wanneer hulle gespeel het, was hulle doodernstig, maar as die wedstryd klaar is, was hulle vol glimlaggies en vriendelik met almal.

DSC_0092

Die einde van die basketbal seisoen bring ook 'n einde van 'n "span-tradisie". Vandat James in die Varsity span gespeel het 8 jaar terug was daar elke jaar drie families in die span, die tradisie is voortgedra toe William gespeel het en nou ook Nelmari. Twee van die families is vanjaar klaar met skool en net Nelmari bly oor. Ek weet julle kan nie Afrikaans lees nie, maar aan die Baltaji en Shafei mammas wat 8 jaar saam met my op die paviljoen gesit het, dit was lekker en ek gaan julle volgende jaar baie mis.

Geniet julle naweek

Liefde

Sunday, March 14

Duinedorp “B”

Dit gaan maar op die oomblik lekker dol in die Holloway huishouding met die dat ons duinedorp toe getrek het.

Page3

Net soos my www adres se tussen-die-duine, is die plekkie ook behoorlik tussen die duine. Die sand, sand en sand is oppad en dan sien julle die kompleks met die villas en onder is ons een.

Page1

Maar die adres kon ook op hierdie stadium tussen-die-bokse gewees het, want alles staan nog om uitgepak te word. Bo links is Charmaine besig om my kombuiskaste te was - dankie vir al jou hulp met die skoonmaak en die aanry van kos en drinkgoed maat, ons waardeer. Die klompe bokse is my studeerkamer wat nog ernstige uitpak moet word en die studeerkamer se lekker venster - die katte is mal oor die sonnetjie wat daar inskyn. Nelmari het ook so af en toe kom help - bo regs.

Miskien as dit eendag uitgesorteer is, wys ek julle hoe dit lyk :-).

Geniet julle week

Monday, March 8

Waar sal jy jou kruisie trek?

Gedurende die naweek in die fliek, sien ek 'n advertensie waar mense van die UAE aangemoedig word om vir die Bu Tinah eiland te stem as een van die 7 Natuurwonders van die wereld. Iewers het ek geslaap, want ek weet nie eers van die eiland nie en moes bietjie gaan opkyk.

Page1

Hierdie eiland is sowat 130 km vanaf Abu Dhabi en baie ryk aan seelewe. Dit het eers onlangs uit 447 websites van oor die 200 lande as een van die 28 finaliste begin feature. Van die redes hoekom dit die lys gehaal het was oa: (1) die Koraal riwwe wat ondanks weersomsandighede oorleef en in die proses wetenskaplikes kans gee om dit te bestudeer. (2) die Natuurlik mangroves van tot 5 meter hoog wat sorg vir 'n uitstekende habitat vir baie seelewe. Die "Hawksbill" seeskilpad ('n bedreigde spesie) gebruik dit as hulle broeiplek. (3) Dugongs (wat's dit nou weer in Afrikaans) wat baie keer rondom die eiland opgemerk word (4) Drie soorte dolfyne wat die eiland een van hulle speelplekke maak (5) Die broeiplek van die "Ospreyes" en Socotra voels. Vir meer oor die eiland kan julle hier gaan lees.

21

Ek gaan loer toe ook gou wie is die ander kandidade voordat ek my kruisie trek en sien dit gaan 'n taamlike uitdaging wees om as een van die 7 gekies te word. Van die meedingers is die Amazon, die Swartwoud, die Cliffs of Moher wat ons in Ierland besoek het en onmiddelik vir my 'n sterk stemkandidaad word want dit was iets ongeloofliks om te sien en te beleef.

P1060193

Die Dooie See, Grand Canyon, Great Barrier Reef, Jeita Grotto in Lebanon wat ek ook die voorreg gehad het om te sien en dit was net so 'n amazing ondervinding, Jeju eiland in Korea, Kilimanjaro, Maldives, Milford NZ wat ek ook al by kon gaan loer het en my geliefde Tafelberg is almal van die kandidade.

Die stemmery is nou in fase 3 waar die kortlys van 28 op 11 November 2011 verminder word tot die 7 Natuurwonders van die wereld. Hier in die UAE het die stemwerwing vir die Bu Tinah eiland begin en daar word dhs28 miljoen (R60 miljoen) begroot om die mense aan te moedig om vir die eiland te stem? Gaan geld hier 'n rol speel? Of gaan mens stem met jou hart? Of miskien jou verstand? Jy kan ook jou kruisie gaan trek hier.

Wat ookal gekies word, elkeen van hierdie plekke is uniek, besonders en wonderlik deur ons Skepper gemaak.

Waar sal jy jou kruisie trek?

Thursday, March 4

Wat gaan aan?

Die weer is lekker deurmekaar hier in die woestyn die laaste week of twee en net so is die huis want ons trek en baie mense in die huis neem maar swaar afskeid van opgaar goetertjies.

sandstorm_3

Eers het ons 'n afskuwelike paar dae van sandstorms gehad en mense dit was regtig sleg en die sigbaarheid nie bestaande.

UAE sandstorm 1 Feb 2008 022

Dan die kersie op die koek trek ons na 'n nuwe uitbreiding wat nog reg in die woestyn sit en met die slegte wind het dit gelyk asof die woestyn die pad wou terugvat.

216870310

Maar so drie/vier daggies terug het die blitse en donderweer toegeslaan en het 'n reenstorm die woestyn getref. (Hierdie foto met nog een of twee is van die plaaslike koerant verkry).

249283742

En soos ek al vertel het, veroorsaak reen chaos omdat daar nie dreinering is nie. Orals in die strate en voor huise was daar damme water. Maat ek wou nie jou foto gebruik nie, indien jy self wou, maar ek kan julle vertel dat die kinders selfs voor Charmaine se plek in die parkeerarea geswem het :-). Skoon waterverskrik.

522344492

En met die reen wat ure aanhou was dit gou-gou ernstige chaos in die dorp.

3958708502

Ek het julle al vertel van 'n wadi en hoe dit 'n droe riverloop is en so het hierdie wadi na die reen gelyk - van hoek tot kant propvol water.

Sou dit 'n teken wees vir wat wag, le daar vir ons 'n bloedige warm somer voor .. Ten minste sal ons nou in 'n plek wees met ac wat werk om ons af te koel.