Saturday, October 31

Die koors loop hoog

Anders as die rugbykoors wat hoog loop in SA en dit 'n blou- of oranjekoors is, is dit die rooi koors wat hierdie week in Abu Dhabi loop. Natuurlik sal ons ook in die dorp mense met bloubul of cheetah hempies sien, maar meeste wat leef en beef praat net Grand Prix en wat alles daarmee gepaart gaan.

DSC_0008

'n Hele paar maande terug het Eddie en James reeds kaartjies vir die geleentheid gekoop en in my oe was dit vrekduur. Die passiespele se pryse is vulletjies (meer daaroor later). En net toe hulle verlede week die kaartjies aflewer, wen hy 2 beter kaartjies. Gelukkig kon die ander verkoop word, maar dis waaroor dit hierdie week in die Holloway huishouding gaan en kyk net hoe gelukkig lyk die man met sy 4 dae kaartjies in 'n losie nogal met al die konserte ingesluit. Prys waarde van R20 000. (Dis darem nou vir 2 mense)

4

Donderdag reeds is die eerste besoek na die nuwe besonderse baan wat spesiaal vir die resies gebou is gemaak - om die "pits te besoek" nogals. Kyk ek is nou nie 'n karretjie fan nie, want mens hoor net woooerrrrm woooooeerrrm elke paar minute vir 50+ rondtes. Maar aan die aantal mense wat by die hekke in is om net te "gaan kyk" is daar heelwat mense wat fans is.

5

En dan gaan jy nou om iewers te staan en te kyk hoe ander mense hulle karre skoon maak? Ek wens iemand wil myne kom was :-).

Page1

Dis baie duidelik dat hierdie baan ook sy eie unieke kenmerke gaan he. Waar anders gaan jy 'n kameel by die kinders se Porsche speelplek kry of arabiese sitplekke onder grasdak? Of beamptes met wit en swart rokke.

Page2

Alles is deur die mense beloer en die bestuurders en hulle spanne het rustig aangegaan met voorbereiding om die motors reg en skoon te kry - soort van 'n karretjie dieretuin lyk dit vir my.

Page3

Kyk net hoe het die troppe mense orals rondgestaan en foto's geneem.

Page1_0

Dele van die besonderse baan van hierdie wedren wat anders as ander in die aand gaan plaasvind. Natuurlik saam met die wereld sportgebeurtenis is daar ook 'n klomp kunstenaars ingevlieg wat elke aand 'n vertoning lewer. As jy kaartjies vir die GP het, sluit dit die konserte in. Van die kunstenaars wat optree is Beyonce en Aerosmith. Skuus ek weet nie regtig wat hulle sing nie maar die kinders sal weet.

Page2

Maar die GP gaan mos eintlik oor die karretjies en vir dit is die manne reeds vroeg dag 2, gisteroggend uit om die proefrondtes te gaan kyk - hoekom? Omdat hulle kaartjies het en kan dink ek.

Page4

Hulle sitplekke is in 'n losie iewers met 'n great uitsig en 'n lekker eetplek met hope kos.

Page3

James wou duidelik nie heeltyd stilsit nie en hy't bietjie gaan shopping doen in die GP "winkels". Leane onder regs word jou geskenkie gekoop aangesien jy 'n McLaren fan is.

Page5

En so tussen die karretjies, eet en shop deur het die dag uitgehardloop en dit het begin aand word. Maar kom more is ek seker die manne is weer daar om te kyk totdat die rugby begin.

Ek self gaan bietjie uitmis op die rugby want ek gaan in die hospitaal wees, maar aangesien die beste span nie speel nie, sal ek nog steeds vir die tweede beste span duimvas hou!

Lekker rugby kyk!

Tuesday, October 27

Kyk hoe lyk sy nou

Die van julle wat die blog al lank volg, ken vir klein Emily. Die afgelope twee Saterdae het ons weer 'n bietjie met haar kon kuier en het die meisiekind groot geword.

Page1

Kyk net hoe pragtig! Sy was heeltemal ok om vir 'n foto of klomp te pose.

Page2

Sy's nou 'n regte klein lady en het eers die ogies en lippies "geverf" voor ete. Haar mamma se lippe is ook geverf. Kyk net die "cool" look.

Page3

Na 'n lekker ontbyt het sy die tamatiesous of ketchup soos dit hier genoem word opgeeet. Uggg nie my idee van iets lekkers nie, maar sy het dit baie geniet.

Dankie vir die lekker kuier Emily en een van die dae as die nuwe boetie kom, kuier ons met twee van julle.

Friday, October 23

Uiteindelik Oman ISAC

Uiteindelik kan ek ampertjies rustig 'n blog oor die ISAC toernooi in Oman doen. Soos elke seisoen werk alles op na hierdie geleentheid, die ISAC. Dis wanneer skole van verskillende lande bymekaarkom om teen mekaar deel te neem. Ons skool neem deel aan die volleyball, basketbal, pluimbal en sokker ISAC gedurende die skooljaar. Die seuns wat nie 'n te goeie tyd beleef het voor die toernooi nie, lyk baie ernstig voor hulle vertrek, met een van hulle ster spelers in gips. Die jongspan het 'n nie te goeie toernooi beleef nie, maar volgende jaar is hulle nie meer groentjies nie. Die dogters wat 'n redelike goeie seisoen beleef is vol smiles met hulle lionette paws en al, reg vir die groot toernooi oppad lughawe toe. Die toernooi vind plaas in Muscat wat die hoofstad van Oman is. En dis omtrent al foto's, behalwe nog van haar host se kat wat ek oor die dorp gekry het - duidelik was dit nie eerste op die lys nie. Op die foto bo-regs is een van die spanmeisies met 'n stukkie lap om haar (deel van 'n bellydance uitrusting) - die spanlede het elkeen een gekoop .... vir wat weet ek nie. Hulle speel uitstekend in die toernooi en word na die uitdunrondtes eerste gekeur. Die semi's verloop ook goed en uiteindelik is dit tyd vir die finaal - en nou behalwe vir die paws en voete moet die gesigte ook gedoen word. Iewers het van die spanlede deurmekaar geraak met die haka dink ek.
Arme nr 25 (lees Nelmari) beleef 'n uitstekende toernooi en sy kry die slegte voorreg om eerste af te slaan vir die span. Loer bietjie na die video en hou nr 25 dop :-). As julle nie die nr kan sien nie, die een met die blou kniestut. Soos julle kan sien was sy orals, op die grond, in die lug en het verskeie blou kolle as bewys. Volgens haar broer het sy 'n uitstekende wedstryd en toernooi gehad en dis nogals baie gese want hulle is ook mekaar se grootste kritikus. Net soos die curriebeker halfeindstryde is dit 'n taai wedstryd met slegs 'n twee punte verskil op die einde - jammer Lionettes julle het hard probeer, met mode en spel .... maar volgende jaar gaan julle dit doen!!! Ek sien 'n sekere afrigter wil al klaar 'n plek boek om julle afrigter te wees :-).
Nou vir die basketbal
GO LIONS!

Tuesday, October 20

Die eiland word groter

Ek dink om die storie te vertel moet ek net 'n klein bietjie teruggaan in die geskiedenis van die dorp waar ons tydelik bly. Soos ek al vele kere gese het, is Abu Dhabi 'n eiland wat nie so baie jare terug begin ontwikkel het nie.

DSC_0083


Hier op 'n foto van die GPS kan julle die eiland kan bereik word deur twee paaie (rooi) en rondom Abu Dhabi is daar nog 'n klomp kleiner eilande.


Page1

As mens ou geskiedenis stories lees, kom die "tolbrug/fort" by Al Maqtaa voor. Hierdie klein fort is al 200 jaar oud en het jare terug gedien as 'n waghuis om ongewensde persone te keer om die eiland te bereik. Dis een van die min werklik ou geboue wat nog behou gebly het. Later het die Maqta brug gekom - dis ook die pad wat ons die dorp die eerste keer bereik het, en nog later vir al die verkeer is daar nog 'n brug direk langs hom gebou. Op die foto regs kan ook gesien word dat daar selfs nog 'n brug gebou word! Maar mens kan ook net soveel op 'n eiland ontwikkel en dan is dit vol - en glo my die helfde van die ontwikkeling het ek nog nie eers gewys nie. Dus was dit tyd om 'n nuwe eiland te ontwikkel en die dorp uit te brei.


Page2

So onder ons neuse het geboue skielik van buite die dorp uit die water begin rys en stil-stil is daar toegangs paaie vir hierdie nuwe plekke gebou. Hierdie week is die eerste van die brue, vernoem na die President van die land amptelik geopen - hulle noem dit die nuwe gateway na die UAE hoofstad.


Page5_0


'n 27 km brug oor die see, wat een deel van die vasteland, oor die eilande Yas die Saadiyat eiland met die hoofeiland verbind. Hierdie 10 lane snelweg loop oor sand en see en is alles deel van die groot 2030 ontwikkelingsplan. Terloops Saadiyat eiland beteken "Island of Happiness".

DSC_0076

Met die ry van die nuwe pad het selfs die GPS verduidelik die pad bestaan nie volgens hulle rekord nie - en binnekort glo ek dit gaan dol besig wees.


Page4_0

Een van die dinge wat ek van die land waardeer is die effort wat in stadsbeplanning en uitleg ingaan. Hier word 'n splinternuwe pad gebou wat eintlik nog deur nerens loop nie en alreeds is hulle besig om die mooiste tuine langs die pad uit te le. Op die boonste foto in die regterhoek as jy mooi jou oe op skrefies trek sal jy die Ferrari paviljoen by die nuwe Grand Prix baan sien en ook 'n groot rollercoaster wat deel uitmaak daarvan. Moenie vra hoekom nie - ek meen as mens gaan karretjies kyk hoekom sal jy op 'n rollercoaster wil ry?


Page6_0



Die ontwikkeling langs die paaie is ook in volle swang en ek sal graag die prentjie oor 'n jaar of twee wil sien.


Of mens nog deel gaan wees van die dorp se ontwikkeling weet ek nie, maar wat ek wel weet is dat Abu Dhabi nie meer die slapende dorpie van 40 jaar terug is nie.


Ek het ook geen idee hoekom hierdie foto liewers in die linkerhoek wil bly sit nie :-).

Mooi dag vir julle!


Saturday, October 17

Ai, wat’s volgende

Dis 'n sportdag soos min met halfeindstyde orals. Selfs daar in Oman waar die kinders tans besig is met hulle volleyball toer is dit die dag van halfeindstryde. Ongelukkig kan ons slegs die rugby op TV volg, maar in die gees is ons ook by ons Lions en hou styf duimvas vir die eindstryd. Dis omtrent waar die ooreenkomste eindig want "my" spanne se voorbereiding was toetentaal verskillend. Waar die rugbyspelers hard voorberei het, het die dogters besluit om die aand voor hulle vlug hulle naels te laat doen.

Page6
Ok onder normale omstandighede is dit 'n heel girly ding om te doen, maar voor 'n toernooi wat die meisies se naels nagegaan (en selfs geknip word as dit te lank is) en waar die bal die naels kan breek, en en en .... hoe normaal is dit?


Omdat die tipe "besighede" agter geslote deure en gekleure glasvensters plaasvind, was die plekkie nogal 'n groot verrassing - siende dat ons ook gereeld by die deur verbystap in die sentrum. Alles, glo my net mooi alles was in die ses kleure van die plek en met 'n waterfontein in die middel en sagte musiek wat speel was dit regtig 'n besonderse atmosfeer - totdat die dogters, direk na hulle wedstryd teen die onnies lawaaierig daar inloop. Ek dink nie die plek gaan ooit weer dieselfde wees nie.

Page2

Nadat ek "toestemming" gekry het om foto's te neem - only the girls mam, het ek 9 baie ywerige modelle gehad. Dit was hande en voete wat behandel is .... ja die voete moes ook gedoen word ... en ek het gewonder wie die toonnaels in die "span-kleure" gaan sien tydens die wedstryd waar hulle veronderstel is om volleybal skoene te dra!

Page4

En toe die soektog om die regte "blou" te kry vir die naels! Wat ook 'n geskarrel afgegee het is dat die dogters "lion-paws" en in goud nogals ook op die naels wou he. Nelmari was die proefkonyn vir die eerste paws en daarna is almal s'n gedoen!

Page5

En ja .... die voete het ook "paws" gekry :-). Amper drie uur later het daar 'n stilte oor die salon gesak toe die "lionettes" (nou is hulle nie meer lions nie) met hulle blou en goue paws uitstap oor die glasvoer met klippertjies - reg vir die toernooi!!

Of dit vandag gaan help weet ek nie, ek kan net se....


GO LIONS of LIONETTES

Wednesday, October 14

‘n Kort seisoen is amper verby

Dit het skaars begin en hulle is al klaar besig om af te eindig. Ook maar genade want hierdie volleyball seisoen het sy goeie en minder goeie dae/wedstryde gehad. Met 'n dogterspan vol baie potensiaal maar 'n minder geesdriftige afrigter en 'n seunsspan met 'n "beter" afrigter het hulle op hul beste groot skole kafgedraf en gesukkel teen van die klein skole. Ek as toeskouer was partykeer niks gelukkig met die span nie en het julle dus die wedstryde "gespaar". Hier's 'n paar foto's van die seisoen.

Page1

Page2

Natuurlik sal die foto's meestal van Nelmari wees.

cc

Ek dink dat ondanks die span se op en af kon sy baie tevrede voel met haar bydrae. Komende van 'n "kritiese" toeskouer is dit baie goed.

Page3

Die seuns het ook hulle hoogtepunte gehad en aan die einde van die seisoen was daar 'n besliste verbetering in hulle spel.

bb

Die afrigter kon ook maar partykeer net sy hande in die lug gooi, maar eending wat ek van hom waardeer het, is die feit dat hy elke wedstryd in sy span geglo het.

aa

Die meisies het natuurlik bankvas agter die seuns "gesit" en ondersteun tydens hulle wedstryde.

Vandag klim hulle op die vliegtuig Oman toe vir die toernooi waarvoor al die harde werk die seisoen was, ISAC. Dis dan wat hulle kans kry om teen skole in ander lande deelteneem.

Hoop julle het 'n wonderlike toer Nelmari en James en dat die trofee saam huistoe kom!

GO LIONS!

Sunday, October 11

Wat gaan in die mense se koppe aan?

Vanoggend voel ek hartlik siek vir al die stof, vuil , nie-in-standhou en gemors en voel ek het bietjie skoon en see nodig .... en daar's ek in vir 'n groot verrassing en skok!!

17197937

So 'n jaar terug (Julie 2008) het ons baie opgewonde vertel van die nuwe Abu Dhabi strand wat oopgemaak word. Nadat die nuwe strate by die Cornish gebou is, is daar sand herwin en die mooiste strande met wandelpaadjies, grasperke, afdakkies ens. ens. gebou. Ek het self hier vertel hoe ons die plek in die aand gaan beloer het.

DSC_0045

En dis wat ek vanoggend van die nuwe strand kry. Niks, absoluut niks behalwe 'n gebou en stootskrapers.

DSC_0046

Dit laat my dink aan lego bou of selfs farmtown vir die van julle wat ywerige boere is. Mens bou, hou dit so 'n tydjie en dan delete jy alles en bou net weer 'n nuwe een. Miskien het hulle gedink noudat die winter met sy 30+ temperatuur amper hier is, is dit 'n goeie tyd om aan die strand te werk. Van ons dink juis dis dan 'n goeie tyd vir swem.

DSC_0048

Miskien wil hulle net die "strand-bouers" besig hou en is dit werkskepping, miskien is dit elke keer as daar 'n nuwe baas wat iets anders wil sien of miskien is dit net stupid wees - want hoe kan mens soveel geld in 'n projek sit om dit in minder as 'n jaar net plat te stoot vir 'n nuwe, beter projek. O wag, miskien wil hulle net nie he ons moet swem nie en sal daar altyd aan die strand gewerk word.

DSC_0059

Die ander strandjie wat ons ook al baie by gaan sit het, is net hier aan die agterkant van die ou bootjie wat voor die Emirates Palace hotel geanker is en daar word ook nou aan gewerk - kyk net die hoeveelheid hyskrane. Ontwikkeling is goed, maar hierdie voel vir my net 'n bietjie teveel.

Gelukkig is die dele aan die anderkant van die Cornish waarvan ek ook al vertel het nog dieselfde. Kyk bietjie hier en hier - ek wonder hoe lank gaan dit nog wees ....

Miskien is dit nou tyd vir my om huistoe te gaan.

Geniet julle laaste dag van die naweek!

Wednesday, October 7

Is dit die antwoord op die brandstof pryse?

Goedkoper brandstof pryse!! Ja dis iets wat ons almal graag sal wil he. En nou in die land wat sy eie petrol het, is daar 'n ander idee aan die broei, bio-ethanol van dadels!

Hier is baie dadelbome en gemiddeld dra elke boom tussen 50 - 200 kg dadels per jaar. Dit word verkoop as gewone dadels, gevuldes met neute, gedoop in sjokolades, daar is dadelkoekies, dadelsap, dadelkonfyn, dadelmelkskommels, dadellekkers, dadelroomys, ens. ens. Noem dit en hulle het iets wat hulle met die dadels kan maak. En nog steeds is daar jaarliks 'n oorskot van tussen 50 000 - 80 000 metriee ton dadels. Dit tesame met die hoe suikerinhoud van dadels wat dit uiters geskik maak vir bio-ethanol het die idee laat ontstaan om brandstof te maak.
Die "brandstof" kan dan gebruik word vir taxis, trokke en busse waarvan hier duisende is. Ek vermoed dit sal ook meer "groen" wees as die huidige brandstof.

En nee dis nog nie hoe ons vulstasies lyk nie, die foto het ek in die plaaslike koerant gekry. Lyk amper soos 'n afgeblaasde rugbybal.

Wat dink julle hiervan?